Symington oor die kunste
2005-05-12
DIE rol van kunstenaars in Suid-Afrika, ’n dekade na demokrasie, sal onder die soeklig geplaas word by ’n byeenkoms van die Wellingtonse Kunsvereniging op Maandag 23 Mei om 19:00 in die Marthasaal in Jan van Riebeeckstraat op Wellington.
Ds Johann Symington, redakteur van Die Kerkbode, skrywer en gewilde spreker, sal die werke van kunstenaars soos William Kentridge, Penny Siopis, Jo Ratcliffe en Tracie Rose bespreek, en ook voorbeelde van hul kreatiwiteit vertoon.
Dit is ’n herhaling van ’n praatjie rondom dieselfde tema wat hy onlangs by die Kuns- en Versoeningsfees in Pretoria, wat op teoloë gemik was, gegee het.
Toegang is gratis, en nie-lede van die Kunsvereniging is welkom.
More
News
|