Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe huise vir Newton

Nuwe huise vir Newton
 
2007-01-18


Die inwoners van Newton is vas aan die slaap terwyl daar beoog word om met huise te boer op Plaas 361.

So meen Johannes May (85), vroeër lid van die Wellington bestuursraad, wat regoor die beoogde nuwe ontwikkeling woon.

Die oop stuk grond van ongeveer 7,5 hektaar word ontwikkel tussen Aurorastraat en die Dalpad. Altesame 150 erwe van sowat 320 vk meter elk word beoog.

Daar sal ook drie parkies en plek vir ‘n kleuterskool wees.

May is bekommerd oor die groot toename in verkeer na die nuwe woongebied, met slegs een uitgang in Aurorastraat.

Verder is hy bekommerd dat die klein huise wat op hierdie erwe gebou sal word, die waarde van sy huis en dié van sy bure sal verlaag.

Die sperdatum vir besware teen die hersoneringsaansoek was Maandag.

May, oud-skoolhoof van Newton Primêr, is baie mismoedig oor die ontwikkeling wat volgens hom aan hom 1000 nuwe bure gaan besorg wat almal slegs een ingang gaan gebruik - en dit reg voor sy huis. Hy bly sedert 1965 in hierdie stil straat.

“Die vreedsaamheid van ons dorpie gaan in 'n oogwink verander.”

“Dit is jammer dat die inwoners van Newton nog steeds slaap of bitter swak ingelig is oor hierdie ontwikkelingsplanne.”

Die grond behoort aan die Halima Trust en die Osman Familie Trust, beleggers van Kaapstad. Die beplanners wat die aansoek ingedien het, is Jonathan Holtmann en vennote. - Chris Davids





More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za