Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ontbloter gevang voor skool

Ontbloter gevang voor skool
 
2007-01-25


’n JONG ma moes Dinsdag geskok buite ’n laerskool in Noorder-Paarl aanskou hoe ’n man voor haar gaan staan, sy broek ooprits, en hom aan haar ontbloot.

’n Pa, wat ook op sy kind buite Laerskool Noord-Eind gewag het, het uit sy voertuig gespring en die man met die swart mus agternagesit.

Andy Warnick, ’n graad een-ouer wat toevallig by die skool verbygery het, het gesien hoe die veel swaarder man die skraal vlugtende probeer inhardloop.

“Ek het geweet hier’s fout,” het Warnick agterna gesê. “Toe vlieg ek uit my motor en duik hom plat.”

Die 22-jarige Afrikaanssprekende verdagte, sy blonde hare lank en vuil onder sy mus, het hom nie probeer teësit nie.

Die polisie is ontbied en ondersoek is ingestel by ’n woning regoor die straat van die skool. Die verdagte, met dowwe blou oë en ’n effense bakkebaard en snor, kry na bewering ongeskiktheidstoelae van die staat.

“Ouers moet sake maak teen die man,” het Warnich gesê.

“Daar was al voorheen klagtes oor sulke dade voor die skool, maar die polisie kan nie optree sonder getuies nie.”

* A young man was tackled by the public and handed over to the police after he indecently exposed himself outside a primary school in Paarl North on Tuesday.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za