Vang die klipgooiers
2007-01-25
SO raadop is inwoners van Wellington-Oos dat ‘n beloning van R1000 uitgeloof word vir inligting wat sal lei tot die identifisering van kinders wat verantwoordelik is vir saakbeskadiging in die buurt.
Saterdagnag om 03:30 is drie groot klippe deur die sitkamerruite van die Van der Westhuizen-egpaar in Pleinstraat geslinger.
Kort voor Kersfees is padtekens in dieselfde omgewing omgedruk.
Klippe word gereeld op wonings se dakke en deur motorruite gegooi. Kinders is ook op die ronding bo-oor die hoofdeur van die Wellington-Oos NG-kerk opgemerk.
“Ons vermoed dat dit dieselfde mense, vermoedelik kinders, is wat vir die dade verantwoordelik is,” het Mynhart van der Westhuizen gesê.
Inligting sal vertroulik hanteer word deur polisie supt Carien le Grange (021-873-2913) en Van der Westhuizen by 082-573-1589.
More
News
|