Gimmies weer bo
2007-01-25
DIE o.19A krieketspan van Paarl Gimnasium het Saterdag behoorlik slae uitgedeel aan die spelers van Hoërskool Brackenfell.
Op die Brakke se tuisveld het die Gimmies eerste gekolf. Die besoekers behaal 133 met Danie van Zyl (41), Marchant Genis (23) en Ian Opperman (11) wat die meeste lopies kry.
Die Paarl-boulers het verwoed onder die kolwers toegeslaan, met Hein Adonis (3/11), Stokkies Hanekom (2/3), Opperman (2/4) en Jurgen Visser (2/7) wat die skade aanrig.
More
News
|