Skou lok 700 krisante
2005-05-12
BY die Wellingtonse krisanteskou is Japie Willemse vir die tweede jaar agtereenvolgens as die Krisantekampioen gekroon. Sowat 700 blomme is uitgestal.
Hy het die titel gewen toe sy geel Kinnzann wat verlede jaar uit Japan ingevoer is, soos verlede jaar, weer al die ander krisante uitgestof het.
Herman Bailey, burgemeester en self ‘n lid van die Krisantevereniging, het die trofee asook die skild vir die meeste punte verower.
Linkie Williams het die spinnekopafdeling gewen met sy blom, ‘n Bon Voyage. Mogamat Josef en sy vrou, een van die skou se borge, het die trofee aan hom oorhandig.
Volgende jaar is die klub gasheer vir die Nasionale Krisanteskou waaraan klubs van Ceres, Stellenbosch, Pniel, Wolseley en Worcester sal deelneem.
More
News
|