Museumweek by Taalmuseum
2005-05-12
INTERNASIONALE Museumdag word sedert 1977 oor die hele węreld rondom 18 Mei gevier. Vanjaar se tema is “Museums bou brűe tussen kulture”.
Die Afrikaanse Taalmuseum en Paarl Museum span vanjaar saam om aktiwiteite rondom Internasionale Museumdag aan te bied.
’n Spesiale program met sang, dans en musiek word op Woensdag 18 Mei aangebied. Toegang is gratis vir kinders en volwassenes. Die verrigtinge begin om 14:30.
’n Weeklange program sal gedurende die week van Maandag 16 tot Vrydag 20 Mei by die Afrikaanse Taalmuseum en Paarl Museum aangebied word.
Die aktiwiteite is daarop gerig om leerders bekend te stel aan hul kulturele erfenis. ’n Erfenis wat nie altyd so ooglopend is nie, en dikwels herontdek kan word.
Die program vir begeleide toere is ongelukkig reeds volbespreek, maar individue en klein groepe is meer as welkom om van hierdie geleentheid gebruik te maak om die Afrikaanse Taalmuseum en Paarl Museum gedurende die week te besoek.
Vir meer inligting, kontak Catherine Snel van die Afrikaanse Taalmuseum by 872-3441 en Elizabeth Bowes van die Paarl Museum by 872-2651.
More
News
|