Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Trompoppies tree aan

Trompoppies tree aan
 
2007-01-25


IS jy op hoërskool en wil jy graag ’n trompoppie wees? Dan is die Paarl Trompoppieklub net die plek vir jou.

Leerders van enige hoërskool is welkom, selfs al het jy nie trompoppie-agtergrond nie.

Die Paarl Trompoppieklub is in 2005 gestig om die geleentheid te bied aan meisies wat die sport op laerskool beoefen het om daarmee aan te gaan, aangesien geen hoërskool in die Paarl hierdie sportkode aanbied nie.

Die klub het reeds vele prestasies behaal en verlede jaar het hulle gekwalifiseer om aan die nasionale kampioenskappe in Pretoria deel te neem.

Dit het gevolg op ’n reeks kompetisies wat die klub op plaaslike en provinsiale vlak gewen het.

Tien trompoppies van die klub het reeds Bolandkleure verwerf en is ook in die Wes-Kaapspan opgeneem. Drie lede het hul SA-klere ontvang.

Die jongste prestasie was toe die span aangewys is as 2006 se nasionale kampioene by die USSASA Somerspele.

Die hoogtepunt vir elke trompoppie is om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem. Vanjaar vind dit in Durban plaas gedurende die Junie-vakansie.

Die Paarl Trompoppieklub is reeds hard besig om te oefen hiervoor, maar benodig nog leerders sodat die klub aan die “large dril” kan
deelneem.

Belangstellendes kan Debbie skakel by 082-331-9160 of e-pos Shirley by paarldrummie@ mweb.co.za.

Enige donasies sal ook hoog op prys gestel word, aangesien leerders dit nie breed het nie.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za