New Orleans laat HJS les opsê
2007-01-25
DIE eerste krieketspan van New Orleans Sekondêr het Saterdag sy eweknie van Hoër Jongenskool Paarl met 17 lopies geklop.
New Orleans het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Hulle behaal 165 met Robin Andrews (82) aan die stuur van sake.
Tiaan Cloete (26) het ook ’n waardevolle beurt gespeel. Urchill Duminy (3/24) het die beste vir HJS vertoon met die bal.
HJS kon slegs met 148 antwoord, met Franco Marais (80nun) en Darren van Wyk (32) wat die lopies slaan. New Orleans se uitblinker met die bal was Johan Hellig met syfers van 3/15.
New Orleans se o.15A-span het ewe goed vertoon deur vir HJS tot 103 te beperk.
Mawich Kotzé (35) was die voorste lopiemaker, terwyl Lawrie Moore (4/13) die paaltjies laat kantel het.
In ’n spannende stryd behaal New Orleans die teiken met slegs ’n enkele paaltjie staande.
Aqeed Douman (33nun) het die hoogste telling behaal, terwyl Ronald Fortuin (3/24) HJS se beste bouler was.
More
News
|