Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimmies speel skitterend in Argentinië

Gimmies speel skitterend in Argentinië
 
2007-01-25


DIE o.16 krieketspan van Paarl Gimnasium het in Desember aan die Pambero Internasionale Jeugtoernooi in Buenos Aires deel geneem.

Ná ’n opwarmingswedstryd is die eerste wedstryd van die toernooi teen Natal Midlands gespeel.

Die Natallers teken 151/10 aan waarop Gim slegs met 126/10 kon antwoord.

Beste boulers in die wedstryd was JC Erasmus (3/16) en Gerald van
Blerk (3/20) terwyl die hoogste telling van 37 ook deur Erasmus behaal is.

Die Gimmies het hul tweede wedstryd, teen die Argentynse span, met 216 lopies gewen.

Gim kolf eerste en teken 287 aan. Die tuisspan word vir ’n skamele 71 uitgeboender.

Die voorste lopiemakers was man van die wedstryd Zandré Cloete (76) en Gerald van Blerk (32), terwyl SD Cornelissen (2/18) en P Heyns (2/16) die beste met die bal gevaar het.

In sy derde wedstryd het Gimnasium teen ’n span van Australië te staan gekom.

Reën verhoed egter dat die wedstryd voltooi word. Die Gimmies se beter netto lopietempo verseker hulle nietemin van ’n plek in die eindstryd teen die span van Nieu-Suid-Wallis.

Die Suid-Afrikaners kolf eerste en behaal 149/10, danksy die pogings van Willie Viljoen (38) en Henlo Weber (24) en Stoffel Wiese (24).

Paarl Gim boul die Ausies uit vir 122 lopies en wen so die wedstryd en toernooi met 27 lopies.

Die Paarliete se beste boulers was JC Erasmus en John Henry Collins wat elkeen met boulsyfers van 2/16 spog.

Erasmus is as die waardevolste speler van die toernooi aangewys.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za