Gholfliga skop af
2007-01-25
DIE Boland gholfliga het Saterdag afgeskop en die eerste twee spanne van Wellington Gholfklub het goed begin.
Die premierspan het op Malmesbury daarin geslaag om die tuisspan tot ’n gelykop uitslag van ses punte elk te dwing.
Malmesbury het in 2006 in die eindstryd gespeel en vir enige span om dus ’n gelykopuitslag in sy eie agterplaas te behaal, is ’n prestasie.
Die Kruger-span het op Wellington vir Kuilsrivier naelskraap 4 1/2-3 1/2 geklop.
Die held in dié kragmeting was Saul September wat daarin geslaag het om gelykop te speel nadat hy ver agter was.
Die uitslae is (Wellington tellings eerste genoem): (Premier - Beurtspelle) R Adams/H Solomon k H Meijer/B O’Conner, C Groenewald/J Keown k G Prinsloo/H Rabie, T Joubert/I Sassman v M Prinsloo/P Burger, T Mahoney/M Mahoney v A Koen/F van der Merwe. (Enkelspelle) H Solomon k H Rabie, I Sassman k M Prinsloo, R Adams k B O’Conner, C Groenewald k H Meijer, J Keown (k) v P Burger, T Joubert v G Prinsloo, T Mahoney k A Koen, M Mahoney v F van der Merwe. (Kruger) T Moses k JH Lochner, J Carstens k H Norman, S September 1/2 D Ackerman, C Nkomotse k G Hendrikse, S Albertyn k N van der Heever, G Visser (k) v C Esau, D Davids v A Raubenheimer, A Olivier v P Willemse.
More
News
|