Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen uitslag vir Paarl-Oos

Geen uitslag vir Paarl-Oos
 
2007-01-25


DIE eerste span van die GM Thorp Paarl-Oos Krieketklub kon Saterdag nie ’n sege teen Stellenbosch en Distrikte afdwing nie.

Op Stellenbosch het die tuisspan 216/7 behaal nadat Brendon Layman (72 4x1), Allistiar Poole (44 4x6) en Bradley Layman (26 4x2) die balle goed bygekom het.

Paarl-Oos se veldwerk was van hoogstaande gehalte met vier kolwers wat uitgehardloop is. Nie een van die boulers het besonders goed gevaar nie, met die elke bouler wat ’n paaltjie inpalm.

Teen uitskeityd kon die besoekers net 206/8 op die telbord sit.

Die Paarliete het egter deurgaans hard baklei vir ’n wen. Nadat Paarl-Oos in die 46ste beurt op 135/4 gestaan het, het hulle omtrent gewikkel en in die laaste 14 beurte 71 lopies opgestapel.

Jackie Daniels (60 4x1, 6x1), Craig Abrahams (36 4x3), Morné de Vries (30nun 4x1) en Kurt Julies (26 4x4) het met gesag gekolf.

Die tuisspan se beste kolwers was M Arends (2/31), N Nicol (2/34) en Poole (2/58).

In New Orleans het Paarl-Oos II (275/6) darem daarin geslaag om die uitklophou te plant toe hulle die Stellenbossers (215) met 60 lopies geklop het.

Die tuisspan se uitblinkers was Bjorn Hollenbach (120 4x10) en Roderick Allies (75 4x7, 6x1), Jarod Cupido (35nun 4x3, 6x1), Dane Schoor (29 4x3), Justin Watts (6/30 in 21bb) en Garth Fortuin (2/53 in 12bb).

Anwell Newman (2/95 in 15bb en 93 4x12, 6x2), B Lewis (31 4x6) en M Hector (27 4x5) was die spelers wat moedig probeer het.

Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) teen Paarl Krieketklub.
Die derde span speel ook tuis teen Brackenfell.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za