Onbesliste sake vir Tiere
2007-01-25
DIE manne van Young Peoples Krieketklub kon Saterdag net nie daarin slaag om ’n sege teen Vredenburg/Saldanha te behaal nie.
In die bloedige hitte van die Paarl was dit die span van die Weskus wat eerste gekolf en 238 op die telbord gesit het.
D Barnard (108 4x15, 6x2) was die groot staatmaker, met H Lindeque (48 4x3, 6x1) wat ook uitgeblink het.
Peoples se beste boulers was Hubert Ontong (3/38) en kaptein Brandon Adams (2/75).
Die tuisspan het ewe behendig voor die penne vertoon, maar het teen uitskeityd net 228/8 gehad, 11 lopies te min vir ’n sege.
Adams (107 4x8), Lindsay Davy (41 4x4) en Mark Borchards (28 4x1, 6x1) het met die kolf ingeklim.
Dewald van Wyk (3/45) was die besoekers se beste bouler.
Peoples verdien sewe punte uit die wedstryd wat genoeg is om hulle van ’n plek in die top agt kompetisie te verseker.
Peoples II het na die Weskus gereis vir hul wedstryd teen Vredenburg/Saldanha se naasbestes.
Die tuisspan behaal 191/10 nadat Wayne Jacobs (3/38) en Jonathan Jacobs (4/27) die paaltjies plattrek.
Peoples moker 194/7 in die 44ste beurt met Dirkie Marais (83 4x7, 6x2), Wade October (35 4x4), Zarier Alexander (35nun 4x5) en Audin Carolissen (30nun 4x4, 6x1) wat die lopies kry.
Die derde span se wedstryd teen Paarl III het nie gerealiseer nie.
Saterdag begin die 35-beurt kompetisie, met Peoples I (weg) en II (tuis) wat teen Bergrivier Krieketklub te staan kom.
Die derde span speel weg teen Maties.
More
News
|