Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Studente in musiekdrama

Studente in musiekdrama
 
2005-05-12


DIE nuutgestigte Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (Wellington Kampu) bied van 18 tot 21 Mei ’n produksie van West Side Story in die CP van der Merwe-saal aan.

Dr Rina Steyn, regisseur van die produksie, vertel dat die keuse maklik was.

West Side Story het sy première al in 1957 gehad, maar dit hou vandag steeds die rekord vir die meeste toekennings aan ’n musiekspel.

Die storie handel oor gewone mense en elkeen in die gehoor sal hom met ’n karakter, woord, emosie, beeld of melodie kan identifiseer.
“Ons het jare laas ’n produksie van dié aard aangebied,” vertel dr Steyn.

“Hierdie instansie was vroeër bekend vir die talle produksies wat aangebied is.

“Wat dit spesiaal maak, is dat daar ná die aankondiging van die beplande produksie ’n ongelooflike belangstelling uit alle oorde gekom het.

“Mense het vanself opgedaag en gevra om deel te wees van die produksie.”

Die gevolg is dat studente van al die fakulteite betrokke is. Al die spelers is onderwysstudente en lektore.

Dr Steyn sê die tegniese aspekte was ’n groot uitdaging.
“Van die beste klank- en beligtingspanne is gekontrakeer vir die produksie.

“Kostuums en rekwisiete is vreeslik moeilik om in die hande te kry, maar ons het ’n juweel ontdek in Annie’s Wardrobe wat in Kaapstad geleë is. Hulle het die kostuums vir verskeie internasionale flieks soos ‘Wake of Death’ behartig en ook onlangs die spogproduksie ‘Romeo en Julia’.

“Hulle het pas ’n ander maatskappy oorgeneem en spog nou met die grootste versameling kontemporêre uitrustings in die land. Daar word ook nou ’n afdeling vir rekwisiete begin.”

Die bekende tenoor, André Serfontein, is die musiek-direkteur vir die produksie. Hy het ook die sangers afgerig en moes die partikuur spesiaal herorkestreer.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Die prys is R60 (R40 vir studente en kinders). Navrae by Andre Sleigh, 083-953-3556.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za