Aandklasse begin
2007-01-25
DIE aandklasse van die Simondium Sentrum vir Volwasse Onderwys begin weer Maandagaand 5 Februarie om 19:00 (registrasiegeld is R50) by Simondium Laerskool.
Klasse in Abetvlakke 1 en 2 (syferkundigheid en Afrikaanse taalgeletterdheid en kommunikasie) sowel as klasse vir senior sertifikaat word aangebied.
Matriekvakke wat Maandag- en Woensdagaande aangebied word, is Afrikaans 1ste Taal, Engels 2de Taal, Ekonomie, Bedryfsekonomie, Bybelkunde, Inleiding tot die Kriminologie en Inleiding tot Volkekunde.
Vir navrae, skakel Jeremy van Wyk by 082-436-6393.
More
News
|