Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klub is twintig

Klub is twintig
 
2007-01-25


DIE Een Plus Een Klub in die Paarl het onlangs sy 20-jarige bestaan gevier met ’n spoggerige dans by Laerskool Drakenstein.

Die klub is op 16 September 1986 gestig onder leiding van wyle dr Matie Brink van die Toringkerk en Anne-Marie McGregor, maatskaplike werker toe verbonde aan die ACVV.

Hul het gevoel daar bestaan ’n behoefde om enkellopende mense bymekaar te bring met die doel om sosiaal te verkeer en te ondersteun.

Lede is gewerf en by die eerste vergadering was daar reeds 50 enkellopende mans en dames.

’n Komitee is gekies en later is ’n grondwet opgestel.

Die doel van die Een Plus Een Klub is om sosiaal met mekaar te verkeer, uitstappies te reël, kerkbywoning, naweekkampe, konserte en kort toere.

Elke Dinsdagaand kom hulle by die Duitse Kerksaal bymekaar, maak musiek, eet en dans.

Kontak Marie by 073-307-7135 vir navrae.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za