Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Krieketklub weer goed op pad om titel te verdedig

Wellington Krieketklub weer goed op pad om titel te verdedig
 
2007-01-25


DIE Wellington Krieketklub het die 2006/2007 seisoen begin waar hy die vorige seisoen afgesluit het.

Wellington het verlede seisoen die liga en die 45-beurt kompetisies gewen en Boland tydens die Nasionale Klubkampioenskapstoernooi verteenwoordig.

Met Saterdag se vyf-paaltjie-sege oor Maties het Wellington verseker dat hy bo-aan die punteleer staan aan die einde van die Boland
Premierliga se eerste ronde.

Die top agt spanne, waaronder Paarl en Young Peoples ook tel,
speel nou ’n verdere ronde teen mekaar vir die tweede ronde beker.

Die titel van klubkampioen behoort aan die span wat die beste gemiddelde punte behaal het oor die hele kompetisie.

Neil le Roux, waarnemende klubvoorsitter, en Bassie Basson, direkteur van afrigting, stem saam dat daar wonderlike talent onder spelers is. Dit is egter die regte houding en ingesteldheid wat die verskil maak.

Onder die ou strydrosse in die span, tel manne soos Sarel Wolmarans, Ryan Groeneveldt en Bronwin Wiliams. Die kombinasies wat gelouter word met die jonger manne soos Stiaan van Zyl, Pieter Bergh en Marnus Hugo is die basis van Wellington se sukses.

Wellington bied dan Saterdag sy jaarlikse ses-aan-’n-kant-kriekettoernooi aan.

Behalwe vir krieket is die dag gemik om iets vir die hele gesin te bied.

Ondersteuners kan vanaf 08:30 onder die skadu van die bome by die Pen Basson-veld hulself tuis maak vir ’n opwindende dag van krieket.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za