Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers-span lyk heelwat anders

Kavaliers-span lyk heelwat anders
 
2007-01-25


DIE keurders van die Fidentia Boland rugbyspan was nie ingenome met die Boland se 64-27 loesing aan die hand van die Stormers nie.

’n Groep spelers wat verlede jaar ’n groot deel van die kern van die span was, sal nie saam na Pretoria reis vir die wedstryd nie. Die spelers is Roland Reid, Francois Prinsloo (albei losvoorspelers), Piet van Zyl (senter), Charl Blom (skrumskakel) en Conrad Burke (haker/flank).

Die groot hoeveelheid nuwe gesigte in die span wat môreaand teen die Blou Bulle se Vodacombeker-span op Loftus speel, is egter nie alleen te wyte aan die groot nederlaag nie.

Volgens die Boland se spanbestuurder, Denver Pienaar, is die afrigters nog besig om kop te krap oor spelerkombinasies terwyl heelwat beserings ook hul planne ietwat deurmekaargekrap het.

“Ons sou aanvanklik met twee spanne na Loftus gereis het, maar met al die beserings wat ons het, kan ons net die 25 spelers stuur,” het Pienaar gesę.

Onder die spelers wat die naweek beseer is, is Dawid de Villiers (slot, nekbesering), Jongikhaya Nokwe (vleuel, heup) en Piet Myburgh (slot, kuit).

Jacques Schutte (losskakel) sou môreaand op die plaasvervangerbank wees, maar is intussen deur Ossie Damons vervang. Sy vrou verwag hul eersteling en hy bly agter om haar die naweek by te staan.

Voor die naweek se wedstryd teen die Stormers het die sterk stut, Fabian Brandt, hom sodanig beseer dat hy vir minstens drie maande buite aksie sal wees.

Pienaar skryf die Kavaliers se uitsak teen die Stormers toe aan die harde oefenprogram wat die spelers tans volg, eerder as onfiksheid.

"Die spelers is miskien 'n bietjie ooroefen en hul bene het hier na die einde toe begin lam raak," het hy gesę.

Op 'n positiewe noot was hy egter tevrede met die manier waarop die vaste vyf vertoon het.

Ons het ook goeie aanvalle geloods. Swak besluitneming het egter die afronding in die wiele gery."

Die Boland se amptelike seisoen begin op 24 Februarie teen die KwaZulu-Natal se Wildebeeste in Durban.

Die Boland-span speel nog een opwarmingswedstryd, teen die Jong Leeus op 3 Februarie, voor die seisoen afskop.

’n A- en B-span sal weer op Brakpan in aksie wees met die B-span wat teen die Valke se Vodacombeker-span sal speel, terwyl die eerste gekeurde span teen die Leeus sal kragte meet.

Die span is: Justin Peach, Alvin Hugo, Dewey Swartbooi, Walter Venter, Alshaun Bock, Nel Fourie, Tewis de Bruyn, Chris Potgieter (k), Chase Minnaar, Evert Kleynhaus, Quinton Davids, Coenie Basson, Tommy Dixon, Hanyani Shimange, Janro van Niekerk. PLAASVERVANGERS: Jané du Toit, Pieter Wium, Andries Human, Duimpie Theron, Callie Wannenburg, Henley du Plessis, Dewald Duvenhage, Ossie Damons, Pieter Stoffberg, John Daniels.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za