Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Student ontvang Rektorsmedalje

Student ontvang Rektorsmedalje
 
2007-01-25


TSUNDZUKANI MASHABA is by die amptelike opening van die Hugenote Kollege Maandag aangewys as die beste student in die Kollege vir 2006.

Die Kollege se Rektorsmedalje is by die geleentheid aan haar oorhandig. Tsundzukani is ingeskryf vir die B Diac.-graad in Gemeenskapsontwikkeling en het ’n gemiddeld van 86,2% gedurende die jaar gehandhaaf.

Sy het ook geskenkbewyse ontvang vir die beste presteerder in Sosiologie 1 (87,5%) en Ontwikkelingstudie 1 (83,3%).

Tsundzukani is die oudste dogter van Victor en Nelly Mashaba van Polokwane in die Limpopoprovinsie.

Sy het haar laerskoolopleiding aan die Muswanama Primêre Skool ontvang en het aan die Phayizani Hoërskool gematrikuleer.

Tsundzukani is deur die provinsiale regering van Limpopo die geleentheid gebied om haar as gemeenskapsontwikkelaar te bekwaam.

Die Hugenote Kollege word deur verskeie provinsiale regerings beskou as 'n baanbreker op die terrein van Ontwikkelingstudie en studente word van oor die hele land gestuur vir opleiding.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za