Interaktiewe drama-klasse
2007-01-25
KLASSE wat kreatiwiteit, selfvertroue en spraakvermoë bou, is nou in die Paarl beskikbaar vir leerders in grade 1 tot 7.
Die klasse vir grade 1 tot 3 is Maandag of Woensdag van 15:00 tot 16:00 (R120 pm). Grade 4 tot 7 kan Dinsdag of Donderdag klas bywoon van 15:00 tot 17:00 (R160 pm).
Die klasse bied dialoog- en spraakontwikkeling, informele teater (leerders leer om hul eie toneelstukke te skryf), poppeteater, improvisasie en beweegkunde.
Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied. Navrae by Andrea Verster, 084-645-5254.
More
News
|