Wingerdfees is 'n móét
2007-01-25
KAARTJIES vir die Paarl Wingerdfees is nou ook by Computicket beskikbaar.
Toegangskaartjies teen R80 (studente R50, kinders R40) kan verder by Musiklood, Pêrel Sport, Perfect Place (Wellington) en die Paarl Rugbyklub gekry word.
Die fees vind op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart in die Faurestraat-stadion plaas.
Nuwe gesigte op die kunstenaarslys is die geilde sangers Kurt Darren, Nicholis Louw, Hugo & Band en Juanita du Plessis. Buiten die hoofverhoog, sal daar Saterdag vanaf 14:00 ook ’n tweede verhoog wees met Alana & Groep, Nadia Louw en Dikazzinz om besoekers te vermaak.
Vrydag se program begin om 18:00 met Alana, gevolg deur die Jakkie Louw Band, Kurt Darren, Nicholis Lous en Christo & Cobus, wat tot 24:00 optree.
Saterdag se ure is dieselfde, met Hugo & Orkes, die Campbells, Juanita du Plessis, Thys die Bosveldklong en Jakkie Louw Band.
Vir bemarking, skakel Pieter Burger (082-577-1761), stalletjies, Morne Sadie (083-381-5074), wynstalletjies, Eugene (082-889-9069) en vir algemene navrae en tent/karavaanverblyf, Frans (084-207-4444).
More
News
|