Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Suid-Afrika bly deel van jou

Suid-Afrika bly deel van jou
 
2007-01-25


EK reageer op die skrywe ‘Emigrante is steeds burgers’ en ‘Polisie bring hul kant’ in die Paarl Post van 18 Januarie.

Dankie Cathy, dat jy besef ons as emigrante is lief vir ons land, Suid-Afrika en gee juis ons opinies met die laaste bietjie hoop dat die regering en burgers woonagtig in Suid-Afrika iets wil doen om Suid-Afrika ’n beter land vir almal te maak.

Doreen se brief met die opskrif ‘Bloed kook’ (30 November) wat ’n reaksie op my vorige brief was, het my moed net in my skoene laat sak en gedink, nou verstaan ek waarom dinge so sukkel om vorentoe te gaan in Suid-Afrika.

Hoe kan mens hul siening verander dat hul die werklike omstandighede begin raaksien?

Almal wat van Suid-Afrika kom, verstaan en weet waardeur ons land is en probeer nie een oomblik dit ontken of wegpraat nie. Dit het net tyd geraak dat ons saam staan en geweld, moord, verkragting en diefstal vas vat, en hoe gaan dit gebeur as die regering nie wil insien dat dit ’n werklike probleem is nie!

Net verlede week lees ek op ’n ander webwerf dat President Mbeki dink geweld is nie so ’n groot probleem nie, die probleem is hoe geweld deur koerante propageer word.

Dan wonder mens, hoe verwyder die land se regering van die werklike man op die straat se probleme is.

Elke emigrant lees gereeld en probeer so veel as moontlik van hul geboorteland weet, want in ’n vreemde land hoor jy nie van Suid-Afrika nie, en as jy die slag iets hoor, is dit sleg.

Die buitewêreld se opinie en idees van Suid-Afrika is baie verwronge.

Die vraag is, hoe kan jy as emigrant in die land waar jy is, die mense se opinie verander as die dinge in jou geboortland nie te rooskleurig lyk nie?

Jy vertel hul van die lieflike weer, die mooi natuurskoon, die goeie paaie en ja, jy jok en probeer Suid-Afrika bemark net om iets moois en goeds van jou geboorteland te vertel.

Terloops, die tweede fase waardeur ’n emigrant gaan, is juis om al die mooi en goeie dinge van jou land te onthou en oorweldig dit jou daaglikse bestaan totdat realiteite inskop en jy kan aanbeweeg.

Ek wil net aan Dankbaar wat die brief oor ‘Polisie bring hul kant’ sê, ek is saam met jou dankbaar dat die polisie oor die feesseisoen sigbaar was en sodoende reeds bydra tot ’n beter Suid-Afrika.

Stéhan
(Canberra, ACT, Australië)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za