Praat oor konsep Drankwetsontwerp
2007-01-25
DIE Wes-Kaapse provinsiale staande komitee oor finansies en ekonomiese ontwikkeling beoog om openbare aanhore te hou oor die konsep Drankwetsontwerp (W8B-2005).
Belangstellende partye word genooi om kommentaar te lewer in ’n finale ronde van openbare aanhore oor alle wysigings aan die gepubliseerde Wetsontwerp.
Die openbare aanhoor sal in die Paarlse stadsaal in Hoofstraat, om 10:00 op Woensdag 7 Februarie gehou word.
Versoeke vir mondelinge insette moet voor môre (26 Januarie) gedoen word.
Afskrifte van die Konsep-Wetsontwerp is op versoek beskikbaar of kan afgehaal word by die Provinsiale Wetgewer-gebou, Komitee-afdeling, Kamer 4-01 op 4de vloer, Waalstraat 7, Kaapstad.
Die posadres is: Die Sekretaris, Wes-Kaapse Provinsiale Parlement, Posbus 648, Kaapstad, 8000, vir aandag Mario Sassman.
Bel hom by 021-487-1681 of faks by 021-487-1685 of e-pos by msassman@wcpp.gov.za.
More
News
|