Nuwe gebou in middedorp
2007-01-25
‘n NUWE gebou verrys eersdaags in Wellington se middedorp, met klein winkels op grondvlak, kantoorruimte of ‘n restaurant met ‘n patio-tuin op die eerste verdieping, en parkering ondergrond vir die huurders.
Die ontwikkelaar, Wellingtonner Manfried Dietstein, het saam met lede van die estetiese komitee en die munisipaliteit navorsing gedoen oor die besigheidsperseel op die hoek van Jan van Riebeeck- en Malherbestraat voordat die finale planne vir die gebou opgetrek is.
Dietstein het ontdek dat die Exelda Drukkery op die erf was, voordat dit byna 50 jaar gelede afgebrand het. Bouwerkers het verlede week op die fondasies van die drukkery afgekom.
Die koerant Die Bolander, is sedert sy ontstaan in 1951 hier gedruk. Die koerant het saam met die drukkery gesneuwel.
Sedertdien het die perseel in onbruik gelê, behalwe vir die motors van lede en besoekers aan die polisiekantoor en hofgebou aan die oorkant van Jan van Riebeeckstraat.
Vir meer inligting, skakel Dietstein by 021-873-3372.
* A new development with shops, offices and possibly a restaurant, is being erected in Wellington’s central business area.
More
News
|