Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Johann Nel in Toorberg

Johann Nel in Toorberg
 
2005-05-12


TOORBERG, deur Etienne van Heerden, is wyd bekroon en word węreldwyd gelees.

Nou het die veelbekroonde Malan Steyn ’n verhoogteks geskryf wat Saterdag 14 en 21 Mei om 11:00 in die Kunstekaap Teater in Kaapstad te sien is.

Die optredes op weeksdae is om 10:00 die oggend vir skoliere.
Toorberg vat die geskiedenis van die Afrikaner vas in ’n alternatiewe plaasroman. Maar, op die plaas Toorberg, “loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, en lewe en dood deurmekaar.”

Op die misterieuse plaas Toorberg is die gestorwenes nie dood nie, maar leef hulle voort en tree hulle op as getuies voor die magistraat.

Daar is elf akteurs in die produksie te sien onder wie Paarliet Johann Nel, ’n Fleur du Cap-genomineerde, June van Merch) (van Fishy Feshins-faam en Morné Visser (van SOS-faam).

Die regie word behartig deur Juanita Swanepoel en Marthinus Basson is verantwoordelik vir die produksieontwerp.

Vir besprekings vir die publieke opvoerings skakel Kunstekaap Bel-’n-Sitplek by 421-7695 of Computicket. Vir navrae of besprekings vir die skole-opvoerings, kontak Francois Toerien by 082-4977-933 of epos: francois_toerien@absamail.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za