Rose blom op Klapmuts
2007-01-25
KLAPMUTS het aan die lewe gekom, het die bekende Du Toit-familie van die dorp Maandag by die bekendstelling van ’n nuwe residensiële ontwikkeling, met trots aangekondig.
Ses hektaar wat in 95 erwe onderverdeel is, het voor hulle uitgestrek tot teen ’n koel plaasdam. Die ontwikkeling op ’n voormalige rooskwekery, heet Rozenmeer.
Gielie du Toit (snr), toe self nog raadslid vir Klapmuts, het in 1984 saam met JC Anthony (vandag nog raadslid) begin woel met die gedagte dat Klapmuts die sentraalste dorp met die meeste potensiaal, in die omgewing van Kaapstad is.
Gielie het vertel hoe die projek in 1986 deur die maatskappy Develop, met die Du Toits en ook swaer Edrich Pretorius, aan die gang gekom het.
Losstaande huise, plot en plan asook eie ontwerpe, kan op die 95 erwe wat wissel van 250 tot 1000m², gebou word. Die prys van die erwe wissel van R475 000 tot R650 000.
“Rozenmeer is die eerste nuwe ontwikkeling op Klapmuts, die eerste met privaat inisiatief,” het Du Toit opgewonde gesê.
“Daar is geen ander goedgekeurde projek soos dié nie. Daar word wel baie beplan.
“Hierdie ontwikkeling sal bydra daartoe om Klapmuts as sakesentrum te vestig en bekend te word as ’n dorp met bekostigbare verblyf naby Kaapstad. Klapmuts het nou aan die lewe gekom.”
* The first sod has been turned at a new residential development at Klapmuts.
More
News
|