Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bosmans vier fees

Bosmans vier fees
 
2007-02-01


VANJAAR vier die Bosman familie in die Paarl fees, ter herdenking van die 300 jaar sedert die aankoms van die stamvader, sieketrooster Hermanus, onder die Paarlrots.

Die fees word van Vrydag 20 April tot Sondag 22 April beplan.
Vrydag vanaf 10:00 tot 17:00 is registrasie van feesgangers by die Paarl Stadsaal.

Om 19:00 is daar ’n braai en geselligheid op die skilderagtige plaas Lelienfontein by Wellington, wat al agt geslagte aan die Bosman-familie behoort.

Saterdag om 09:00 is daar ’n konferensie van die Bosman-familie by die wêreldbekende Grande Roche Hotel op die oorspronklike Bosman-stamplaas De Nieuwe Plantatie in die Paarl.

Koffie word vanaf 08:00 bedien en daar is ’n voorlopige bekendstelling van die nuwe Bosman-boek wat volgende jaar sal verskyn.

Sprekers sluit in Isak Bosman (samesteller van nuwe Bosman-boek); Adinda Vermaak (geskiedkundige); Lourie Bosman (president van Agri Suid-Afrika) en Nallie Bosman (wat praat oor Bosmans in die sakewêreld).

Saterdag vanaf 12:00 is daar ’n toer van die Paarl Strooidakkerk se kerkgebou en kerkterrein, waar die stamvader gewerk het en Bosmans oor drie eeue ’n rol gespeel het.

Saterdag vind daar Bosman-huwelike in die Paarl Strooidakkerk plaas. Kontak die skriba, Maureen Armstrong, by 021-872-4396 of skriba@strooidak.co.za om reëlings te tref.

Die aand om 19:00 is daar ’n konsert van Herman Charles Bosman se gewildste kortverhale getiteld Jerepigo Gems in die Paarl Stadsaal, soos uitgevoer deur Patrick Mynhardt.

Sondag om 10:00 is daar ’n kerkdiens met nagmaal (en opsionele doop) in die Strooidakkerk, gelei deur prof Hendrik Bosman van die Teologiese Kweekskool aan die Universiteit van Stellenbosch en ander Bosman-predikante.

Die middag om 12:00 is die middagete en samesyn in die Paarl Stadsaal voordat die pad huis toe aangepak word.

Die koste per persoon wissel tussen R400 en R800, afhangend van hoeveel borgskappe en skenkings ontvang word. Kontak die organiseerders indien u self ’n bedrag wil skenk.

Bespreek plek by die fees met ’n deposito van R250 in die ABSA-bankrekening met die naam BosmanSA, nommer 9174-755-037, Paarl takkode 632-005.

Faks, e-pos of pos ’n bewys van inbetaling voor 15 Februarie aan Frik Bosman by frik@paarlmail.co.za of Isak Bosman by
isak@sland.co.za en posbus 5874, Tygervallei, 7536; faks 021-945-1411.

* In April, the Bosman family will celebrate 300 years on South African soil with festivities in Paarl.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za