Paarl tuinklub begin
2007-02-01
DIE Paarl Tuinbouklub hou hul openingsfunksie vir 2007 op Donderdag 22 Februarie om 09:00 op die plaas Vendôme.
Bloemis Mabel Steenkamp gaan ’n demonstrasie en praatjie gee met die tema ‘Inspirasie’. Daar gaan ook uitstallings van vroue- en tuinprodukte wees.
Kaartjies is R60 by Eccentric Trading. Ledegeld vir die jaar beloop R50 en is ook by die funksie betaalbaar.
Navrae by Hermien Verster, 082-220-4001.
More
News
|