Dwelmprobleme bekyk
2007-02-01
’n VERGADERING rondom die probleme met Tik word beplan vir Sondag om 17:00 by Shoprite in Klein Drakensteinweg.
Die vergadering word gereël deur Arthur Adams, ’n inwoner van Amstelhof.
Hy is radeloos oor die probleme met dwelms en wil ’n optog parlement toe reël om die probleem te bespreek.
Hy soek kerkleiers, gemeenskapsleiers, skoolhoofde, jeugleiers, ouers en almal wat bekommerd is oor dwelms, om die vergadering by te woon.
Navrae kan gerig word aan 072-544-7331 of 078-268-8992.
More
News
|