Wag vir middedorp
2005-05-12
’n WAG kan eersdaags in die Paarlse middedorp aangestel word. Volgens insp Julia Claasen beoog die Paarl polisie om ’n wag gedurende spitstye in die middedorp te plaas om saam met die sektorpolisiëringsbeamptes wet en orde toe te pas.
’n Vergadering sal vanaand om 19:00 by die Paarl polisiestasie gehou word om dié konsep van vrywillige wagdiens te bespreek. Alle belangstellendes is welkom by die vergadering.
Navrae kan gerig word aan misdaadvoorkomingshoof, supt Lionel Carstens (807-4000) of middedorp sektorhoof, insp Rikus Steenkamp (072-665-7156).
More
News
|