Groot skade toe vragskip strand
2007-02-01
KLERE, DVD’s, lêers, boeke - alles is waarskynlik weg. Só vertel Cecile Scholtz van Wellington oor haar besittings wat op die vragskip die MSC Napoli was.
Dié skip was op pad van Engeland na Suid-Afrika toe dit in die moeilikheid beland het en by Devon op die Briste suidkus gestrand het.
Cecile sê daar was 24 000 houers op die skip en tot dusver het sy nog geen nuus ontvang oor haar besittings nie.
Sy het die afgelope paar jaar in Londen onderwys gegee. Met haar en haar verloofde, Jan Wandrag, se terugkeer, het hulle besluit om ses groot kartondose per skip na Suid-Afrika te stuur.
Nou sit hulle op hete kole om te hoor of enigiets gered kon word.
Nog ’n Wellingtonse egpaar wat deur die ramp getref is, is Jan en Anita Bokdal wat onlangs die plaas Groenendal gekoop het.
Die egpaar is oorspronklik van Swede en hulle het huisware van sowat R100 000 op die MSC Napoli gehad.
More
News
|