Cultivaria soek voorblad en voorstelle
2007-02-01
DIE Cultivaria fees vind vanjaar van 20 tot 24 September in die Paarl plaas.
Die organiseerders soek na ’n voorbladontwerp vir die Cultivaria tydskrif.
Kunstenaars van Drakenstein word gevra om voorstelle in foto-formaat in te dien.
Hulle soek ’n lekker feestelike skildery waar kuns, kultuur en ook musiek sterk na vore kom.
Voorstelle moet ingedien word vóór 23 Februarie.
Die kunstenaar wie se skildery gekies word, sal dan die amptelike feeskunstenaar wees.
Die organiseerders nooi ook alle skole, kerke en organisasies om by die fees betrokke te raak.
Die onderskeie organisasies kan produkte of dienste verskaf aan besoekers om sodoende vir hulself ’n inkomste te genereer.
Van die idees is dat ’n organisasie ’n sekere land of kultuur kan uitbeeld en dan kos eie daaraan verkoop.
Hulle soek individualiteit en kreatiwiteit. Belangstellendes kan Heinrich von Wielligh kontak (021-872-9754 of info@cultivaria.com) op of voor 20 Februarie en aandui wat hulle wil doen.
More
News
|