Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pret en plesier by Paarl Wingerdfees

Pret en plesier by Paarl Wingerdfees
 
2007-02-01


DAAR wag net pret en plesier by die Paarl Win-gerdfees - die fees met gees. Die organiseerders sê hulle ondervind ongekende belangstelling.

Die fees vind op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart in die Faurestraat-stadion plaas.

Koop jou kaartjies vir die Paarl Wingerdfees sommer nou reeds en maak seker jy is daar.

Toegangskaartjies teen R80 (studente R50, kinders R40) is beskikbaar by Computicket, Mulder Properties (langs Meulstraat Biblioteek), Musiklood, Pêrel Sport, Paarl Rugbyklub, Hoër Meisieskool en op Wellington by Jackie, 082-874-4026.

Nuwe gesigte op die kunstenaarslys is Kurt Darren, Nicholis Louw, Hugo & Band en Juanita du Plessis.

Ou gunstelinge soos Alana, die Jakkie Louw Band, Christo & Cobus, die Campbells en Thys die Bosveldklong maak ook weer hulle buiging.

Buiten die hoofverhoog, sal daar Saterdag vanaf 14:00 ook ’n tweede verhoog wees met Alana & Groep, Nadia Louw en Dikazzinz om besoekers te vermaak. Hekke open reeds om 10:00.

Vrydag maak die hekke 15:00 oop en die program begin om 18:00 met Alana, gevolg deur die Jakkie Louw Band, Kurt Darren, Nicholis Louw en Christo & Cobus, wat tot 24:00 optree.

Saterdag se hoofprogram begin om 18:00 met Hugo & Orkes, die Campbells, Juanita du Plessis, Thys die Bosveldklong en Jakkie Louw Band.

Die organiseerders sê daar sal meer gesentraliseerde wynstalletjies wees, asook ’n behoorlike kunsmark. Verder gaan hulle ’n reuse tent opsit vir besoekers, teen die Paarl se warm somerson.

Vir bemarking, skakel Pieter Burger (082-577-1761), wynstalletjies, Eugene (082-889-9069) en vir algemene navrae en tent/karavaanverblyf, Frans (084-207-4444). Belangstelling vir kosstalletjies was so groot dat



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za