Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsklasse nou ook saans aangebied

Kunsklasse nou ook saans aangebied
 
2007-02-01


DRIE kunsonderwysers by die Jack Meyer Kunssentrum in Hospitaalstraat, Paarl, beoog om aandklasse vir belangstellendes aan te bied van die begin van Februarie.

Meer inligting en registrasievorms kan vandeesweek by die sentrum gekry word. U kan ook die onderwysers kontak om u plek te verseker.

Minique de Waal (083-793-3247 of 021-872 2095) gaan tekstielontwerp aanbied op ’n Dinsdagaand (begin op 6 Februarie) van 18:00 tot 20:00.

Driaan van Niekerk (021-872-2095) sal die keramiekklasse behartig elke Woensdagaand (van 7 Februarie) van 18:00 tot 20:00.

Marieke Kruger (grafiese onderwyser) sal verantwoorderlik wees vir teken- en drukkunsklasse, ook Woensdae van 18:00 tot 20:00 (begin 7 Februarie). Navrae 021-872-2095 of 072-470-2074.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za