Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man vas vir ontbloting

Man vas vir ontbloting
 
2007-02-01


'n JONG man wat verlede week op heterdaad betrap is toe hy homself na bewering aan ’n vrou ontbloot het, sit steeds agter tralies.

Die man het verlede Dinsdag buite Noordeind Laerskool na bewering voor ’n jong ma gaan staan, sy broek oopgerits en hom aan haar ontbloot.

Ooggetuies het hom agternagesit en hy is vasgetrek en aan die polisie oorhandig.

Jaco Nel (22) het verlede Woensdag in die Paarl Landdroshof verskyn en is borgtog van R300 aangebied, maar het tot dusver dit nie betaal nie. Hy bly dus steeds in aanhouding by Allandale gevangenis.

Daar word vermoed dat dit nie die eerste keer is dat die verdagte homself voor dié skool ontbloot nie en ouers word aangemoedig om klagtes te lê indien so iets vantevore gebeur het. Kontak insp Liezl Burden by 021-807-4000.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za