Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ballerina wen gesogte toekenning

Ballerina wen gesogte toekenning
 
2007-02-01


’n BALLERINA van Paarl, Portia Adams, en ’n student by Bianca’s School of Ballet, het die gesogte toekenning as die beste Cecchetti Intermediate Foundation leerder in die Wes-Kaap behaal.

Sy, saam met twee ander leerders van die skool, Jeanne-Marie Cronjé en Amadea Julies, was genooi om vir hierdie prys mee te ding.

Wat hierdie prestasie baie besonders maak, is dat slegs vier leerders uit die provinsie genooi is om deel te neem, waarvan drie uit
Bianca’s School of Ballet was.

Volgens Bianca Baxter, haar balletopvoeder, is Portia ’n uitstekende ballerina, wat nog slegs vyf jaar dans. Haar vaardigheid in die Cecchetti dansstyl het haar al vele toekennings besorg.

Die afgelope paar jaar het sy gereeld by die Paarlvallei Eisteddfod met die louere in haar kategorie weggestap. Sy is onder meer verlede jaar ook as die Beste Senior Ballerina by haar dansskool vereer.

Portia is ’n graad 10 leerder aan New Orleans Senior Sekondêr.
Baxter is besonder trots op Portia se prestasies.

“Om ’n ballerina van haar formaat in jou skool te hê, is voorwaar ’n voorreg en ek glo daar lê ’n blink ballet-toekoms vir Portia voor.”



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za