Boervrou oorval
2005-05-12
DIE rowers wat ’n boervrou voorverlede naweek in ’n koejawelboord oorval het waar sy Bybelstudie gedoen het, is agter tralies.
Die vrou het die Saterdag met ’n haelgeweer oor die skoot gesit terwyl werkers koejawels gepluk het.
Volgens die polisie het die werkers gekla dat hulle gesteur word in hul werk, en daarom het sy met die geweer by hulle waggehou.
Twee mans het skielik oor ’n muur geklim en haar gedreig. Sy het twee waarskuwingskote geskiet, maar die mans het hulle nie daaraan gesteur nie.
Die vrou het verwoed gestoei, maar die mans het haar oorrompel en met die haelgeweer weggekom.
’n Week later het Paarl-Oos polisie op ’n haelgeweer afgekom in die besit van drie verdagtes.
Hulle verweer was dat die vuurwapen “in ’n koejawelboord” opgetel is. Die mans - Selwin Dirks (23) van Van der Stelpark Y3, Johan Solomons (25) van Springbokwoonstelle 54E en Derick Hendricks (21) van Kingston Town, is in hegtenis geneem.
More
News
|