Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Padwedloop-liga herrys in Boland

Padwedloop-liga herrys in Boland
 
2007-02-01


KLUBS en atlete in die Boland sal vanjaar vir die eerste keer in baie jare weer aan ’n padwedloop-liga kan deelneem.

Die ligastelsel is weer in plek gestel om die standaard van padwedlope in die Boland te verbeter.

Die atlete sal in die volgende afdelings kan deelneem: die klub wat die beste presteer, die klub met die meeste deelnemers asook die atlete wat die beste vaar in die senior mans en vroue kategorieë en junior mans en vroue kategorieë.

Die wedlope op die Boland Atletiekkalender wat sal deel vorm van die 2007 padwedloopliga is Tronk tot Tronk-wedloop (3 Februarie 21km Brandvlei AK), Valentine-wedloop (13 Februarie 10km Worcester AK), Swartland wedloop (10 Maart 10km en 21km Swartland AK), SAD-wedloop (1 Mei 10km en 21km Wellington AK), Michells Pass (12 Mei 10km en 21km Ceres AK), Robertson-wedloop 10km en 21km Robertson AK), Stellenbosch-wedloop (28 Julie 10km Stellenbosch AK), SA Kampioenskap (11 Augustus 10km Boland Atletiek), Paarlberg (1 September 21km Paarl AK), Whalers-wedloop (22 September 21km Whalers AK), Meesters-wedloop (6 Oktober 10km Boland Meesters) en Dwars Rivier-wedloop (3 November 10km en 21km Dwars Rivier AK). Die eerste padwedloop vind Saterdag op Worcester plaas en word deur die Brandvlei Korrektiewe Dienste Atletiekklub aangebied.

Navrae: Kosie Botha 083-991-3915.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za