Briers-Louw laat tweekamp rekord sommer vroeg spat
2007-02-01
DIE eerste Boland Tweekamp ligabyeenkoms vir die tweede helfte van die 2006/2007 seisoen is onlangs by Hoërskool Robertson gehou.
Baie atlete het hulle beste tye vir die seisoen behaal.
Die Gimmie Jannie Briers-Louw was een van die uitblinkers nadat hy die Boland-rekord vir o.13 seuns verbeter het. Briers-Louw se puntetotaal van 2371 was 11 punte beter as die rekord van 2360 wat in 2005 deur Morné Louw opgestel is.
Die byeenkoms was ook gebruik as proewe vir die kies van die Boland-span wat op 3 Februarie op Oudtshoorn aan die Interprovinsiale toernooi gaan deelneen.
Al die suidelike provinsies sal tydens dié byeenkoms deelneem ter voorbereiding vir die SA Kampioenskap in April in Bellville.
Die volgende ligabyeenkoms word op 17 Februarie by Hoërskool Bonnievale gehou.
Plaaslike atlete wat in die Boland Tweekampspan opgeneem is, is Hugo Slabber, Luan van der Vyver, PK Cronje, De Wet du Toit, Martin Ackerman, Christo van der Merwe, Dirk Smit, Milton Buys, Nicolene van der Vyver, Hanré van der Vyver, Julandi Ramsauer, Marli Visagie, Elana Moolman, Lindie Moolman (almal van Hugenote), Barnu Botha, Jannie Briers-Louw, Stephan Morkel, John William Cloete, Burger Symington, Jonathan Joubert, Wouter Hugo, Alexa Haasbroek, Kyla de Wee, Suzaan Broodryk, Marie Briers-Louw, Emsi Smit, (almal van Paarl Gim), Francois Moller (Courtrai), Edrich Burger (Boland Landbou), Hanneke van der Merwe (Hoër Meisieskool Paarl), Sanli du Toit, Natasha Drake en Susan Bothma (aldrie van La Rochelle).
More
News
|