Kavaliers het laaste kans om te beďndruk
2007-02-01
DIE Boland Kavaliers se afrigters gaan die naweek weer verskeie kombinasies op die proef stel in die Boland se laaste opwarmingswedstryd teen onderskeidelik die Jong Leeus en die Valke.
Dit sal ook die spelers se laaste geleentheid wees om die keurders te beďndruk voordat die Vodacombeker-kompetisie op 24 Februarie afskop.
Die Boland het Vrydagaand in sy tweede opwarmingswedstryd 31-7 teen die Blou Bulle verloor.
Een van die grootste veranderings is die insluiting van die senter, Jacques Badenhorst, op losskakel. Hy sal saam met Tewis de Bruyn die skakelpaar vorm.
Die ster-slot Piet Myburgh keer ook terug na die span.
Die heelagter, Justin Peach, sal die week die plaasvervangerbank warm hou, met Monray Liebenberg wat nou die laaste vesting sal verdedig.
Conrad Burke (haker) verdien dié week voorkeur bo die Bok, Hanyani Shimange, terwyl Tommy Dixon die vaskopstut-posisie sal beklee.
In die sogenaamde B-span, wat teen die Jong Leeus uitdraf, kry Piet van Zyl (senter) weer kans om die keurders se guns te wen, terwyl Jacques Schutte (losskakel) na die geboorte van sy eersteling verlede Woensdag, slaggereed is om sy regmatige plek terug te wen.
Die voormalige Grens-flank Zolani Mofu (flank) reis ook saam na Vereeniging om die lostrio saam met Francois Prinsloo en Evert Kleynhaus te vorm.
Verlede jaar se gereelde skrumskakel, Charl Blom, is weliswaar nie in die begin vyftiental teen die Jong Leeus nie, maar sal vir seker kans kry om sy staal te wys.
Spelers soos Kobus Meintjes (knie), Kobus le Roux (knie), Fabian Brandt (knie), Corrie Avenant (lies), Angelo Brinkhuys (dyspier), Ruaan du Preez (dyspier) en Hennie Daniller (knie) is weens beserings nie oorweeg nie.
Die spanne is: (teen Valke) Monray Liebenberg, John Daniels, Dewey Swartbooi, Walter Venter, Jonghi Nokwe, Jacques Badenhorst, Tewis de Bruyn, Chris Potgieter, Henley du Plessis (k), Chase Minnaar, Piet Myburgh, Coenie Basson, Tommy Dixon, Conrad Burke, Janro van Niekerk. PLAASVERVANGERS: Hanyani Shimange, Callie Wannenburg, Roland Reid, Dewald Duvenhage, Nel Fourie, Justin Peach.
(teen Jong Leeus) Pieter Stoffberg, Alvin Hugo, Piet van Zyl, Claude Arendse, Alshaun Bock, Jacques Schutte, Neil Papier, Francois Prinsloo, Evert Kleynhaus, Zolani Mofu, Duimpie Theron, Quinton Davids, Andries Human, Pieter Wium, Jane du Toit (k). PLAASVERVANGERS: Hendrik Ferreira, JP Koster, Pieter van der Merwe, Dawid de Villiers, Sebastian Hilpert, Charl Blom.
More
News
|