Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lopies vloei in Boland-krieketstryd

Lopies vloei in Boland-krieketstryd
 
2007-02-01


’n OORTUIGENDE vertoning met die kolf die naweek teen SWD het bewys gelewer dat die Boland-span vorder met dié aspek van sy spel.

Hoewel die driedagwedstryd op Bolandpark onbeslis geëindig het, was die manier waarop die tuiskolwers onder die boulers ingeklim het verblydend.

Boland het sy eerste beurt op 353/4 verklaar waarna die besoekers met 273/7 in hul 85 beurte geantwoord het.

Die Boland het ’n verdere 202/6 op die telbord gesit voordat hulle weer verklaar het.

Die negatiewe spelpatroon van SWD in die tweede beurt was egter teleurstellend.

Ondanks die heel haalbare teiken van 283 lopies in 85 beurte het die kolwers net gespeel om die beurt te oorleef.

Gerhard Strydom (132 en 110) was die Boland se groot uitblinker met ’n honderdtal in elk van die beurte.

Con de Lange (77nun) het ook goed gekolf in die eerste beurt.

Waar die tuisspan gesukkel het om die uitklophou te plant in die driedagwedstryd, was die eendagwedstryd ’n absolute slagting.

Boland het 286/7 aangeteken en die besoekers vir ’n skamele 94 uitgeboender.

Henry Davids (111) en Strydom (69) het met die kolf uitgeblink.

“Ons is op pad na waar ons wil wees met ons kolfwerk,” het die Boland afrigter, Salieg Nackerdien, gesê.

Die Boland speel van vandag teen OP in Port Elizabeth.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za