Parkeersone vir gestremdes, nie vir polisie
2007-02-08
EK het op Maandag 8 Januarie ongeveer 14:00 'n foto met my selfoon geneem van ’n polisievoertuig van Mbekweni sektor 2, wat geparkeer was op die gestremde parkeersone voor Nedbank op Jan Phillipsplein, Paarl. Die nommerplaat is BPP 328 B.
Terwyl ek nog so gestaan en my bekommer het oor my eie veiligheid as ons polisiemanne dan met rystoele moet rondbeweeg, het ek gesien hoe die polisie-amptenaar uit Absa Bank in Hoofstraat te voorskyn kom en in die voertuig klim met drie vrouepassasiers, klaarblyklik ook van Mbekweni omgewing en in siviele drag geklee.
Tot my verligting het nie een van die vier persone enige teken van liggaamlike gestremdheid getoon nie.
Interessant is dat net nadat ek die foto geneem het, het ’n motor van die Paarlse verkeersdepartement daar verbygery en spoed verminder het terwyl die amptenaar by sy venster uit na die polisievoertuig kyk, en weer aangery het sonder enige verdere belangstelling.
Bekommerde belastingbetaler
’n Woordvoerder van die polisie, kaptein John Waterhouse, reageer: Lede van die publiek kan my gerus direk kontak met klagtes op 807-4001. Die skuldiges wat by hierdie voorval betrokke w
More
News
|