Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Terug op die skoolbanke

Terug op die skoolbanke
 
2007-02-08


DIE Khula Ontwikkelingsgroep se Aanmeldingskantoor in Solomonstraat, Paarl-Oos, het sedert hul opening in Augustus verlede jaar hul litte geroer en ’n hele paar skoolverlaters is nou terug op die skoolbanke.

“Van die groter span wat nou weer in die skool is, het my gevra om hulle behulpsaam te wees om hulle terug op skool te kry,” sę gemeenskapswerker Jenny Louw.

Sy is verantwoordelik vir die Amstelhof-area in Paarl-Oos, met Sheryl Vermeulen verantwoordelik vir die Chicago-area en Nettie Kilowan wat in die Groenheuwel-area werk.

Hulle het verskeie laerskoolleerders terug op skool gekry.

“Na onderhandeling met Korrektiewe Dienste, het ek die spannetjie verlede jaar gedurende die vakansie op ’n naweekkamp na Drakenstein Gevangenis geneem,” vertel Louw.

“Hulle ervaring daar was indrukwekkend. Die gevangenes daar het met hulle gepraat en van die tronklewe vertel.

“Hulle is deur almal aangemoedig om weg te bly van dwelms, terug skool toe te gaan en gebruik te maak van hul kanse.”

Louw vertel dat hulle ná hierdie besoek na haar gekom het om te vra dat sy hulle moet help om weer terug in die skool te kom.

Die leerlinge verlaat die skool weens huislike omstandighede soos egskeiding, finansiële probleme en aanpassingprobleme nadat van skool verander is weens verhuising.

Louw het haar dank uitgespreek teenoor insp Diana Fransman van Paarl-Oos Polisie, asook skoolhoofde Tommy Kearns van Paulus Joubert Sekondęr, Dudley October by Charleston Hill en Edward Daniels by Nederburg Primęr, wat opgetree het as fasiliteerder met probleemgevalle.

Skakel Jenny Louw by 072 784 0371, Sheryl Vermeulen by 072 245 2596 of Nettie Kilowan by 082 740 1831 vir hulp. - David Joshua



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za