Skoonhede nou gesoek
2007-02-08
DIE Miss Winelands-kompetisie, wat hoofsaaklik ’n fondsinsameling is, is ’n uitstekende geleentheid vir pragtige, intelligente meisies tussen 18 en 24 jaar om fantastiese pryse te wen, maar ook terug te gee aan die gemeenskap.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 16 Maart en die gala-aand, waar die wenner en haar twee prinsesse gekies sal word, vind plaas op Vrydagaand 8 Junie in die Paarl stadsaal.
Die aand sal ’n deftige geleentheid wees, waar besighede hulle kliënte kan trakteer op vermaak en kos van hoogstaande gehalte.
Die beoordelaars sal persoonlikhede insluit soos Tammy-Anne Fortuin, Hannon Bothma en ander bekende Wynland- persoonlikhede .
Pryse is onder meer ’n Michel Herbelin horlosie ter waarde van R4500, Honey kostuumjuwele, ’n donkerbril, gratis naelversorging vir die 12 maande as Miss Winelands, ’n pragtige balrok ontwerp deur Johann Smith Designs, en nog heelwat meer.
Meisies uit die streek word genooi om deel te neem, en so gou moontlik in te skryf, aangesien die sluitingsdatum om die draai is. Inskrywingsvorms is van vandag af oral beskikbaar, ook in die Paarl Post.
Besoek ook die webblad vir meer: www.misswinelands.co.za.
More
News
|