Donkie vier vyf jaar op die lug
2007-02-08
SATERDAG is ’n mylpaal in die bestaan van Radio KC en ook vir Ameen Levy, want dan is sy Rappin’ Donkie Show ’n hele vyf jaar oud.
Dit is die oudste van die stasie se programme en deur die jare het Ameen diep in die harte van luisteraars gekruip met sy unieke aanbiedingstyl.
Die program word Saterdae van 18:00 tot 21:00 uitgesaai en dit is veral die boeremusiek gedeelte wat tonge aan die praat het. Johan Wentzel, voorsitter van die Boland Boeremusiekgilde, sê Ameen is die beste ding wat met boeremusiek in die Boland gebeur het.
Ameen se vaardighede kom van ver. In 1979 word hy aangewys as die Kaap se beste platejoggie en hy het ook al vyf CD’s die lig laat sien.
Die bestuur en direksie van Radio KC het Ameen bedank vir sy bydrae tot die radiostasie se sukses. ’n Spesiale program word môre van 09:00 tot 12:00 uitgesaai en op Saterdag 17 Februarie is daar ook ’n viering by Ameen aan huis.
Ameen het ook sy borge deur die jare bedank. “Solank ek leef sal ek Afrikaans bevorder en stewige brûe tussen ons mense bou,” het by belowe.
More
News
|