Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wingerdfees met gees

Wingerdfees met gees
 
2007-02-08


OOR net bietjie meer as drie weke is dit tyd vir die Paarl Wingerdfees - die fees met gees. Die organiseerders sê hulle ondervind ongekende belangstelling.

Die fees vind op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart in die Faurestraat-stadion plaas.

Koop jou kaartjies sommer nou reeds en maak seker jy is daar.

Toegangskaartjies teen R80 (studente R50, kinders R40) is beskikbaar by Computicket, Mulder Properties (langs Meulstraat
Biblioteek), Musiklood, Pêrel Sport, Paarl Rugbyklub, Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Gimnasium en op Wellington by Jackie, 082-874-4026.

Spesiale VIP-kaartjies teen R250 per dag is ook beskikbaar.

Vrydag maak die hekke om 15:00 oop en die program begin om 18:00 met Alana, gevolg deur die Jakkie Louw Band (19:00), Kurt Darren (20:15), Nicholis Louw (21:45) en Christo & Cobus (23:00), wat tot 24:00 optree.

Saterdag open die hekke reeds om 10:00.
Die hoofprogram begin om 18:00 met Hugo & Orkes, die Campbells (19:15), Juanita du Plessis (20:30), Thys die Bosveldklong (21:45) en Jakkie Louw Band (23:00).

Buiten die hoofverhoog, sal daar Saterdag vanaf 11:00 ook ’n tweede verhoog wees met Boere Orkes, Ronnie Apollis (12:20), Louisa (13:15), Waldo (13:50), Alana (14:25), Dikazzinz (15:15),

Hoppalongcasidy (15:55), Dikazzinz (16:30) en Vosa Reyneke (17:05).

Vir navrae, skakel Leoni by 082-728-9729.
Vra haar ook oor die Saterdag se potjiekoskompetisie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za