Bring jou hartedief na Waterpoel
2007-02-08
FEBRUARIE is die maand van rooi harte, babas met bogies en groot verwagtinge.
Kom voltooi die sirkel en bring jou geliefde (man, vrou, minnaar, boetie, sussie, kind, ouer, vriend) na Waterpoel en vier die liefde Woensdagaand saam met Petronel Baard en haar musikantvriend, Werner Carstens, ’n towernaar met snare.
Hulle program, Weergaloos, begin om 19:30. Kaartjies kos R120 per kop en sluit ’n smulbord in.
Bespreek by Trudy 082-896-9863 en gebruik die geleentheid om ’n gratis kaartjiediens te bestel waarby jy ’n persoonlike boodskap kan insluit vir jou geliefde.
Net 50 sitplekke beskikbaar, so bespreek sommer vandag.
More
News
|