Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Dyk sien uit na groot jaar

Van Dyk sien uit na groot jaar
 
2007-02-08


DIE jaar het goed begin vir die internasionale rolstoelatleet, Ernst van Dyk.

Ernst het onlangs teruggekeer van Australië waar hy in warm en droë weersomstandighede aan die Summer Down Under Series deelgeneem het.

Dié byeenkoms, wat in Sydney en Canbarra aangebied is, strek oor tien dae en sluit items in wat wissel van 200m tot 10km.

Van Dyk het by drie geleenthede eerste oor die wenstreep geblits - in die 200m, 1500m en die individuele tydtoets oor 5km.

Daarby het hy ook twee tweede plekke, drie derde plekke en twee vyfde plekke behaal.

Die besoek aan Australië was ter voorbereiding van Atletiek Suid-Afrika se SA Marathon Kampioenskap asook die OCC Marathon op George wat eersdaags plaasvind.

Paarliete sal daarna kans kry om vir Ernst en heelwat ander internasionale rolstoelatlete in aksie te sien tydens die Paarl Rock Handcycling Challenge vroeg aanstaande maand.

Sewe internasionale ryers, onder wie Frans Nietlisbach (wêreld-tydtoetskampioen) en Cefas Boumann (vierde gekeurde jaer in die wêreld) sal aan dié byeenkoms deelneem.

Die hoogtepunt in Ernst se jaar sal ongetwyfeld sy besoek aan Boston wees.

Die Amerikaanse stad het die jaer nog elke keer baie goed behandel.
Van Dyk is oorgehaal om die Boston Marathon vanjaar vir die sewende agtereenvolgende keer te wen en só geskiedenis te maak.

Dit gaan egter alles behalwe maklik wees, sê Ernst.

“Die kompetisie gaan vanjaar baie taai wees. Die aanslag gaan veral sterk wees van Japan, wat tans oor heelwat opkomende marathon-atlete beskik.”

Een van die groot gevaarmanne is beslis Soejima Masazumi wat in Desember die Honolulu Marathon vir die tweede agtereenvolgende keer gewen het en in albei instansies die roeterekord verbeter het.

Nog ’n atleet vir wie Ernst oor sy skouer sal loer, is die Australiër, Kurt Fearnley.

Fearnley het verlede jaar die New York Marathon gewen en Ernst se
rekord-tyd verbeter.

Oudergewoonte sal Krige Schabort, wat ook in George in aksie sal wees, ook ’n bedreiging vir Van Dyk inhou.

“Ek sien uit na die jaar. Ek het in Desember my nuwe stoel laat bou en dit werk goed,” het Ernst gesê.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za