Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerkrag sterf tragies

Leerkrag sterf tragies
 
2007-02-08


'n OUD-SKOOLHOOF van Alfons Primêr in Perdeberg, Sean Africa (42), het die naweek tragies gesterf.

Sy lyk is by sy huis in Annie Benjaminstraat, Paarl-Oos, opgehang gevind deur ’n buurvrou, Cornelia Swarts.

Tot dusver word geen misdaad vermoed nie en te midde van gerugte van huweliksprobleme en dwelmmisbruik, word vermoed dat hy selfmoord gepleeg het.

Oud-kollegas en vriende is erg geskok oor die dood van Africa, wat in die loop van verlede jaar uit sy pos ontslaan is, glo weens gereelde afwesigheid.

Bure van Africa het gesê dat hy die afgelope ruk stil voorgekom het.
Africa laat sy vrou Karen en vier kinders agter.

Die begrafnisdiens is Saterdag 11:00 by die St Stephen’s Kerk, New Orleans, gevolg deur ’n private verassing.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za