Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland oorheers tweekamp-byeenkoms

Boland oorheers tweekamp-byeenkoms
 
2007-02-08


DIE Boland het behoorlik koning gekraai tydens die interprovinsiale byeenkoms wat die afgelope naweek op Oudtshoorn gehou is.

Die Boland het atlete van die WP, OP, SWD, Grens, Griekwas en Noordwes-Kaap kafgedraf om só die span-kompetisies vir junior en seniors te wen.

Die Boland-span is dan ook as die algehele wenner aangewys, danksy ’n nuwe byeenkoms-rekord. Boland het dié gesogte trofee in 2000 laas gewen.

Met enkele uitsonderinge was die toppresteerders in die Boland-span afkomstig van skole in die Drakenstein-vallei.

Die meeste van die Boland-atlete het hul beste prestasies van die seisoen gelewer.

Die grootste uitblinker was weer Jannie Briers-Louw (Paarl Gim) wat die SA-rekord van Wicus Lombard van SWD in die s.13 afdeling verbeter het.

Burger Symington (Paarl Gim) het ook die byeenkoms-rekord in die seuns o.17 afdeling verbeter ná ’n titaniese stryd tussen hom en Alex Ferreira van die WP om die eerste plek.

Verder het Suzaan Broodryk (Laerskool Gimnasium) ook weer die Boland-rekord in die meisies o.13-afdeling verbeter.

Die medaljewenners van die Boland is: m.9 Alexa Haasbroek (Klein Gim, goud), s.9 Hugo Slabber (Hugenote Laer, silwer), s.11 Barnu Botha (Klein Gim, goud), m.13 Suzaan Broodryk (Klein Gim, goud), s.13 Jannie Briers-Louw (Paarl Gim, goud), s.13 Stephan Morkel (Klein Gim, brons), m.15 Julandi Ramsauer (Hugenote, brons), s.17Burger Symington (Paarl Gim, silwer), s.17 Rick Hambridge (PRG, brons), s.19 Edrich Burger (Boland Landbou, goud), s.19 Cornelis Rossouw (B/vale, brons).

Die volgende ligabyeenkoms word op 17 Februarie by Hoërskool Bonnievale gehou.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za